Dinsdag 01 September 2015

Die kwikstertjie

Toe ek 'n kind was, het ek iemand hoor sê 'n mens moet sout op sy stert gooi, dan sal jy hom kan vang. "Alles tevergeefs!" sê die Prediker. Ek het nooit eers probeer nie. Wat ek wel gedoen het, is om hierdie vrolike voëltjies te bekyk, geniet en te waardeer. En ek doen dit steeds. As ek sy lang, bekende fluit iewers in die tuin hoor, maak ek tyd om te gaan kyk. Te kyk hoe hy staan as hy gaan en hoe hy gaan as hy staan. Pragtig klein met 'n rugkant dof olyfgrys, onderkant naaswit met 'n swarterige borsband. Sy wenkbrou, buitestertvere en rande van vlerkvere witterig - die gewone kwikkie of "Cape wagtail" in Engels. 

 Nog name: kwikkie, wipstertjie of akkermannetjie. 
Die naam "kwikstert" kom van Nederlands: kwik-lewendig en staart-stert. Dié voëltjie se stertjies is baie beweeglik en wip voortdurend op en af. 
Hierdie bont kwikkie het ek by Ou Meulstroom, naby Bronkhorstspruit gesien. Sekerlik oppad om te gaan nesmaak! 

2 opmerkings:

  1. Ag man, die liefste dingetjie! Myne is besig om nes te maak, ek sien hoe vlieg hulle heen en weer met veertjies en grassies en hoop net nie die Laksman hou hulle ook dop nie!

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ek verlekker my so in jou gawe kommentaar, dankie Maree! Dis heerlik om ons liefde vir die geveerdes te deel. Jy kan so bly wees oor joune wat nesmaak by jou.

      Vee uit

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...