Saterdag 29 Augustus 2015

'n Asgrys loerie

'n Kwêvoël word meestal met die Bosveld geassosieer. Tog sien ons heel dikwels een of meer van hulle hier in die dorp en ag ek my gelukkig as hulle in ons erf kom water drink en vir 'n wyle stilsit. In Engels is sy naam: Grey Go-away bird, heelwaarskynlik na aanleiding van sy roep wat klink na "go away!" 
By Weesgerus, naby Nylstroom, sien mens baie van hulle en hoor mens kort-kort die kenmerkende "kwê!" tussen die bome deur. Hulle eet graag vrugte, sade, insekte en is ook lief vir 'n stukkie brood wat as lokaas aangebied word.
Nie so kleurvol soos die res van die loerie familie nie en tog ook mooi op sy eie manier.

 Laatmiddag se kuiertjie by die waterbak. Kyk hoe blink die druppel aan sy snawel. 

2 opmerkings:

  1. Wonderlik dat hulle kom kuier Liz, jy's geëerd! Ek lief dit wanneer hulle kom kuier, gee so 'n ware bosveld-gevoel!

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dis waar!! 'n Stukkie Bosveld in mens se eie tuin! Dankie Maree.

      Vee uit

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...