Donderdag 27 Augustus 2015

Tiptol

As 'n tiptol kom kuier is ek sommer dadelik bly. Nie net klink hul naam soos iets ver-bo-dese-aardse-smarte nie, hul liedjies en voorkoms is uiters sag op oor en oog. "Pietpietpetaata!" sing hy vanuit die appelkoosboom hier bokant my. Hulle eet graag vrugte en insekte. Hul goudgeel onderstertdekvere is kenmerkend. Vandaar ook sy mooi, beskrywende  Afrikaanse naam: bottergat. Hierdie een is die swartoog tiptol met sy donker kop en klein kuifie. Drie tiptolfamilies nl. rooioog-, rooibek- en Kaapse tiptolle kom oral in Afrika voor. Hulle word hoofsaaklik aan hul oë uitgeken. 


 "Klaaskluitjiekorrel" is ook een van tiptol se name. 

2 opmerkings:

  1. "Klaaskluitjiekorrel"! Ek leer nou al die mooi Afrikaanse voëltjie name by jou Liz! Ek's ook vreeslik lief vir die Bottergatjies, hulle is goeie waghonde, waarsky mens van elke slang of indringer in die tuin!

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. So bly dat jy kom inloer het, dankie Maree!! Hoe baie leer ek nie by jou ook nie!!

      Vee uit

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...