Maandag 24 Augustus 2015

Verse oor voëls

                                                                          Lewensvreugde
 
Pluk ‘n handvol drome
 met sterre in jou oë
 wys dat jy ook omgee
 en aan liefde glo 
hoor hoe sing die geelvink
 die tiptol en t’rantaal
 dis agter uit die berge
 waar hul die fluit loop haal
pak jou sorge in ‘n streepsak

  lag en wees weer bly
 sukkels lê mos agter
 vandag is jy tog vry 
blink jou oë van blywees
 of buig jou skouers krom
 dink nie eers nog eenmaal
 gee alle eer aan Hom 
lewe is mos lekker
 kom leef nou saam met my
 bars ons uit ons nate
 juigend-jubelbly

 Elizabeth Kendall © 

 

Rooikopvink 


Pienkdun is sy voëltjiebene
fyn porselein onder omkrultone
en blommetjies,
blommetjies die hele wêreld vol
pik-pik hy versigtig aan die saad
om krag te kry,
genoeg krag vir vandag
want hy wil sy vlerke sprei
en vlieg


Elizabeth Kendall ©
 

2 opmerkings:

  1. Hallo Elizabeth. Dankie vir die uitnodiging na hierdie blog. Ek het dit baie geniet om na die foto's te kyk en beskrywings te lees -- ook jou mooi sketse en verse.

    Ek het mos ook 'n rits verse [en foto's] oor voëls geskryf [op Woes]. Groete.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Sal ek nou maar soos die Engelsman sê: "It runs in the family!!" Dankie vir jou inloer Vic, ek waardeer dit baie. Geniet ook altyd jou verse!!

      Vee uit

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...