Vrydag 21 Augustus 2015

Waar het dit begin?

Ek kan nie onthou wanneer en waar dit begin het nie. My liefde vir voëls kyk. Die genot wat ek daaruit put om tot stilstand te kom en ons geveerde vriende dop te hou, te bewonder, te waardeer en so baie van te leer. Nietemin, dit het 'n tyd terug al begin, miskien eers nà my aftrede. Toe ek nog skoolgehou en kinders grootgemaak het, was ek skaars bewus van wie almal hier om my rondvlieg. Nou het ek tyd. 'n Wondergawe. Iets om elke dag dankbaar voor te wees. 'n Rooikopvinkie kom sit op die appelkoosboomtak. Hy blom tussen die nuwe botsels. My hart juig.

 
Rooikopvinke is baie klein, hulle bekkies is swaar / dik en hulle maak die mooiste "saaggeluide" as hulle hier in ons tuin bokant ons koppe sit en gesels. Klink kompleet asof hulle skinder. Die mannetjies se koppe is helderrooi, hul wyfies meer bruin. Hulle is baie lief vir die saad-tuinmengsel wat ek gereeld op die voerplankie of in die porseleinkoppies vir hulle uitstrooi.
 
 
 

2 opmerkings:

  1. Ag Liz! Hoe pragtig het jy hulle net nie vas gevang nie! Kyk daai drietjies so langs mekaar! Ai, sooooo mooi! En die heel eerste foto is 'n pragstuk! Dis wonderlik om elke dag hulle manewales te beleef en te sien hoe hulle met mekaar onderhandel! Lieflike nuwe blog, ek wens jou alle sukses!

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Jou entoesiasme en aanmoediging is altyd 'n riem onder die hart, opreg DANKIE Maree! Ja, op dié blog gaan die geveerdes baljaar, amper net soos in die tuin. Dankie vir die mooi komplimente!

      Vee uit

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...