Maandag 21 September 2015

Janfredrik, mossies en nog meer besoekers

Elke dag bring sy eie verrassings. Ons kuiergaste oor die naweek het gewissel van uiters gewild tot minder geliefd. 
 Ons vorder! Janfrederik sit nog nie op my sitkamerbank nie, maar hy vlieg nie meer weg as ek 'n paar treë van hom af staan nie. Sy meelwurms lê en wag op die plankie, 'n spesiale bederf-dis waarmee ek hom nader lok. Mooiste ou voëltjie in die tuin. Verseker. 
 Mossie maar man! 'n Bondeltjie vere wat heeldag lank vrolike wysies fluit. 
 Rooivlerkspreeu is ook deesdae 'n gereelde besoeker. Heelbo op die rondawel se dak maak hy hom tuis en bekyk die wêreld vandaar. 


O rooivlerkspreeu,
ek hoor jou lied,
‘n diep verhaal
van warm verdriet...
Ek hoor jou klae,
jou stemklank soos in kinderdae,
en soek dan hier,
dan daar,
tot ek jou op die tak gewaar,
allenig op die eiketak,
so somber-swart,
so windverward!
Die reënbui en die winterkou...
die berg is toe van wolkegrou,
die stormweer smoor
jou klagte dood:
bo in die berg is hongersnood.
Die donker kom,
die stormwind fluit-
my hart herhaal
‘n honderd maal
die smeking van jou stemgeluid!
O rooivlerkspreeu,
so somber-swart,
so noodverward,
ek hoor jou in die noordewind.
O bedelaar-kind,
verstom, verkluim,
in raaisel-dom
van kouer, wrede
wêreldruim!
D.F. Malherbe. 


 Dis nie net Janfrederik wat van 'n stukkie kaas hou nie, kyk hoe gelukkig lyk mossievroutjie met haar vonds! 

Die Indiese spreeu of Common Myna. (Engels) Nie die gewildste voël op aarde nie. Die rede? Navorsing en menige ooggetuies vertel van Indiese spreeus wat inheemse voëlspesies  aanval en selfs hul eiers uit hul neste gooi.

2 opmerkings:

  1. Kan jy nou glo dat 'n Gewone Mossie (Cape Sparrow) SOOO mooi kan wees Liz, wat 'n pragtige foto! En ek sien daai Jan Frederik kyk diep on jou oë, hy weet elke ding wat jy dink! Een van die dae is hy in jou kombuis!

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. O, ek is bly jy dink so Maree....as ek nou een ding leer by hierdie Janfrederik, dan is dit GEDULD! Dankie vir die mooi woorde en inloer hier.

      Vee uit

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...