Maandag 19 Oktober 2015

Net 'n mossie

'n Klein en baie bekende bondeltjie vere. 'n Mossie. 'n Valetjie, 'n wyfie. So mooi. So eenvoudig. So uniek. Sy kom sit op die tuinbruggie se reling 'n paar treë van my af. Dis eers toe ek die foto op my rekenaar aflaai dat ek die wurm in haar bekkie sien. Ek sou my hande bakhand om haar wou vou, ek sou haar sagte koppie wou streel. Ek kyk na die foto met groot waardering. Ek skryf 'n paar sinne op my blog. Ek bou vir my mossiewyfie 'n monument. 'n Prentjie vol hoop. 


2 opmerkings:

  1. Ag, hoe praggies is sy net nie Liz, 'n pragtige monument wat jy hier opgestel het! xxx

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Baie dankie..... wie is Anonymous dan nou? Waardeer jou inloer!

      Vee uit

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...