By Weesgerus, naby Nylstroom, sien mens baie van hulle en hoor mens kort-kort die kenmerkende "kwê!" tussen die bome deur. Hulle eet graag vrugte, sade, insekte en is ook lief vir 'n stukkie brood wat as lokaas aangebied word.
Nie so kleurvol soos die res van die loerie familie nie en tog ook mooi op sy eie manier.
Laatmiddag se kuiertjie by die waterbak. Kyk hoe blink die druppel aan sy snawel.
Wonderlik dat hulle kom kuier Liz, jy's geëerd! Ek lief dit wanneer hulle kom kuier, gee so 'n ware bosveld-gevoel!
AntwoordVee uitDis waar!! 'n Stukkie Bosveld in mens se eie tuin! Dankie Maree.
Vee uit