Saterdag 20 April 2019

'n Tuin is 'n lieflike plek. 'n Tuin met voëls in is nog beter! Langs my slaapkamer hang 'n voerplankie aan 'n boomtak. Vir 'n lang tyd het ek nie saad gekoop nie....en my kuiergaste was skaars.
Onlangs het ek besluit: "Koop saad! Die kos in die veld raak minder, die winter lê voor en die voëltjies is honger!" Onnodig om te sê, my geveerde vriende het weer in al hul glorie en kleur opgedaag, selfs janfrederik, my gunsteling, wat ek so lanklaas gesien het. Was ek bly!


Janfrederik is nie eintlik 'n saadvretende voël nie, maar is lief vir sy meelwurms of 'n stukkie maalvleis en kom soek nou weer gereeld daarna. 


Hierdie mooiste van alle mooi voëltjies het sy naam te danke aan sy kenmerkende roep: "jan-fre-de-rik!" As hy in my tuin verskyn, 'n rukkie stilsit, vir my loer met sy kraalogies, dan wéét ek sommer dit sal goed gaan vorentoe, ek glo dit en ek wéét dit net! 

2 opmerkings:

  1. 'n Wonderlike besluit Liz! Daar is niks so helend of inspirerend as voëltjies nie! En ek verlang tog so na my Robbie! ❤️❤️❤️

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ek kan glo Maree! En behalwe vir die besluit om weer voëltjies nader te lok, het ek ook besluit om weer 'n paar woorde te blog op ons geliefde blog. Ek sien dus uit na jou volgende inskrywing! Glimlag.

      Vee uit

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...